Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Scriba van die Carbonari " deur D.J. OPPERMAN
Uit " Scriba van die Carbonari " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #64195] Ma, 24 Junie 2002 14:57
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uit "Scriba van die Carbonari"
D.J. Opperman
...
en ook waar berg en bos styg uit die see
met winde wat oor rots en denne fluit,
ken ek in alles die angs en wee
van God in ieder ding en mens gesluit,
en as volksgenoot is dit my doel:
Ek moet my land, wat buite die hemele lê,
deur Sy genade en Sy meegevoel
bestendig in my volk se taal en sê
wat my aangryp; en in volstrekte
vereenselwiging met alles om my heen:
bloeisels, Alpe en viswyf, verlos ek
deur die gedig die engel uit die steen.
...
Vorige onderwerp: " tannie Jutie wat die aarde beërwe " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Slotsinne" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 12:40:42 MGT 2024